Ons loop iewers die afgelope paar dae weer deur die Somerset Mall met die tweeling mooi toegegooi in hulle baba karretjie.
Soos gewoonlik trek die manne maar aandag van die kiem draende publiek en ek dink vir die soveelste keer ek moet maar ‘n bord laat druk en op die karretjie hang:
———————————————————-
Antwoord: Hulle is seuntjie ja, wat insinueer jy?
Antwoord: Hulle is amper 8 maande oud, hoekom lyk hulle te klein te groot te…
Antwoord: Ja dit loop in ons familie
Vraag: Is dit in jou familie om soos ‘n aap op te tree elke slag as jy iets snaaks (vir jou) teëkom?
Antwoord: Nee, gewone seks brings ook tweelinge, sien die vraag hierbo
———————————————————-
Julle weet seker dat die lekkers wat sommige restaurante aan jou gee toegedraai is ‘n papiertjie oordat hulle jare terug uitgevind het mense pis sommer op hulle hande om dit skoon te kry.
Ek is ook op rekord dat ek al per geleentheid gesê het vrouens is suinig. Hulle loop hulle hele lewe rond met die goed en wanneer ons manne vra om net bietjie daaraan te vat word die versoek sommer sonder goeie rede geweier.
So tannie, as ek jou antwoord “Jy mag kyk na hulle, MAAR jy mag nie vat nie” maai ek, of is dit jy?
