Die dronkie strompel in die straat af, een voet op die sypaadjie en een voet op die teerpad. Kortbeen, langbeen, kortbeen, langbeen, val-loop hy huis toe.
Die polisieman stop hom:”Jammer meneer, maar jy is onder arres vir dronkheid in die publiek”
Dronkie: “Ish jy sekerrr ek ish dronk konstabel?”
Polisieman: “Positief, jy is so dronk soos ‘n tor meneer”
Dronkie: “Dankie tog, ek het gedink ek ish krippel”
