grappies
Home » Grappies

Drinkliedjie

Hierdie (twee) drinkers-liedjie(s) deur Francois van Straten geskryf  (vir LJD) – Dankie Francois.

ns: Laat my weet as iemand hom wil nooi om dit te kom sing, ek is seker ‘n paar bottels wyn sal die stembande opwarm.


Op die wysie van Wat maak oom Kallie daar – jy kan ‘n kort gedeelte hier luister indien jy vergeet het hoe dit klink. Let op daar is ‘n vroeër en ‘n laater weergawe.

Vroeg

Ons drink net want ons wil
Ons drink net want ons wil
Vergete is ons huis en kruis
Los net al die vrouens tuis
Gee nog ‘n doppie daar

Ons doppie is weer klaar
Ons doppie is weer klaar
Almal soek om elke hoek
Ons bewe in ons onderbroek
Gee nog ‘n doppie daar

Ons het lanklaas son gesien
Ons het lanklaas son gesien
Vrou word mooi met elke sluk
Vergewe haar sy’s ongeskik
Gee nog ‘n doppie daar

Later

Die nag is weggedrink
Die nag is weggedrink
Geld en krediet is opgebruik
My pelle het my naam vergeet
Gee nog ‘n doppie daar

My tjomme word nou naar
My tjomme word nou naar
Hoekom kyk jy my so skeef
Wil jy dalk nie verder leef?
Gee nog ‘n doppie daar

O gee ons nog ‘n paar
O gee ons nog ‘n paar
Wil hê ons moet nou huistoe gaan
Sukkel om op die vloer te staan
Gee nog ‘n doppie daar………

Kom nou, ons weet jy is lus om dit te sing, waarvoor wag jy?

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.