Dominee Jacobs kom by die hemel se hekke na sy tyd aangebreek het en sien dat Engel Gabriel besig is om ‘n onderhoud te voer met ‘n ander man.
“Wat is jou naam en wat het jy bereik in jou lewe?” vra Engel Gabriel aan die man
“Ek is Bongani Tshabalala, en ek was ‘n Taxi drywer in Soweto vir 15 jaar”
“Dit is reg so”, sê Engel Gabiel, “hier is jou satyn klere en goue halo, jy is is welkom om deur die strate van die hemel te wandel.”
Engel Gabriel kyk na Dominee Jacobs en vra “Wat is jou naam en wat het jy bereik in jou lewe?”
“Ek is dominee Jacobs en ek het my lewe gewei aan die Woord”
“Dit is reg so”, sê Engel Gabiel, “hier is jou katoen klere en hout halo, jy is is welkom om deur die strate van die hemel te wandel.”
“Wag bietjie,” protesteer Dominee Jacobs “Hoe kan die Taxi drywer satyn en goud kry en ek kry net katoen en hout?”
“Wel, ons werk hier op ‘n verdienste glyskaal dominee Jacobs en baie meer mense het in Taxi drywer TShabalala se taxi banke gebid en baie minder het daar geslaap as in jou kerk banke…”
