Jannie se ouma kuier by hulle op die plaas toe Jannie by die kombuis in hardloop waar die vrouens besig is om middagete voor te berei
‘Ma, Ma, die bul spyker die koei!’
Ouma skrik haar boeglam en snak so na haar asem dat die boerboel omtrent ‘n hartaanval kry van skrik.
Jannie se Ma gryp hom aan die oor en trek hom buitentoe en sê: ‘Luister nou mooi Jannie, jy kan nie rondloop en sulke lelike woorde gebruik nie, gebruik eerder iets anders, soos… sê eerder—– “die bul verras die koei.”’
‘n Paar minute later hardloop Jannie weer die kombuis in. ‘Ma, Ma, die bul verras nou al die koeie!’
‘Onmoontlik Jannie’ sê sy Ma, ‘die bul kannie al die koeie op een slag verras nie.’
‘Ja, hy kan Ma, want hy spyker nou die perd!’
