WAT IS DIE BESTE OUDERDOM OM OP TE TROU?
Vier-en-tagtig, want dan hoef ‘n mens nie meer te werk nie, en kan julle die hele dag lank vir mekaar lief wees in die slaapkamer. (Judy 8 ).
Sodra ek klaar is met kleuterskool, gaan ek vir my ‘n vrou soek. (Tom 5 )
WAT DOEN MENS OP ‘N AFSPRAAK?
Op die eerste afspraak, vertel hulle net vir mekaar leuens. Dan is hulle gewoonlik so geinteresseerd, dat hulle maklik op ‘n tweede afspraak gaan. (Mike 10 )
WANNEER IS DIT REG OM IEMAND TE SOEN?
‘n Mens moet nooit ‘n meisie soen, tensy jy genoeg geld het om vir haar ‘n groot ring en ‘n videomasjien te koop nie. Meisies wil altyd videos van die troue he. (Jim 10 )
Moet nooit voor ander mense soen nie. ‘n Mens kry vreeslik saam as iemand jou sien, maar as niemand jou sien nie, sal ek dit met ‘n aantreklike seun probeer, maar net vir ‘n paar uur. (Kally 9 )
DIE GROOT DEBAT: IS DIT BETER OM ENKEL TE WEES, OF GETROUD?
Dit is beter vir meisies om enkel te wees, maar nie vir seuns nie. Seuns het iemand nodig om agter hulle skoon te maak. (Lynette 9 )
Dit gee my ‘n kopseer om net aan sulke dinge te dink. Ek is net ‘n kind, ek het nie sulke moeilikheid nodig nie. (Kenny 7 )
WAAROM RAAK TWEE MENSE LIEF VIR MEKAAR?
Niemand is seker waarom dit gebeur nie, maar ek het gehoor dit het iets met hoe jy ruik te doen het. Dit is waarom parfuum en deodorant so gewild is (Jan 9 )
Ek dink jy is veronderstel om met ‘n pyl geskiet te word, maar die res daarvan is nie veronderstel om so seer te wees nie. (Harlan 9 )
HOE VOEL DIT OM VERLIEF TE RAAK?
Soos ‘n sneeustorting, waar jy moet hardloop vir jou lewe. (Roger 9 )
As dit enigsins is soos om te leer hoe om te spel, wil ek dit nie doen nie. Dit vat heeltemal te lank. (Leo 7 )
IS AANTRELIKHEID BELANGRIK IN LIEFDE?
As jy wil he iemand wat nog nie in jou familie is nie, moet jou liefhe, sal dit help as jy aantreklik is.(Jeanne 8 )
Dit gaan nie altyd oor hoe jy lyk nie. Kyk na my, ek is so aantreklik soos enigiets en ek het nog steeds nie iemand wat met my wil trou nie (Gary 7 )
Skoonheid is veldiep. Rykdom is belangriker. (Christine 9 ) (red: uit die mond van die suigeling…)
HOEKOM HOU MENSE WAT LIEF IS VIR MEKAAR, HANDE VAS?
Hulle wil seker maak hulle ringe val nie af nie, want hulle het baie daarvoor betaal? (Dave 8 )
OPINIES OOR DIE LIEFDE?
Ek is ten gunste van die liefde, solank dit net nie gebeur terwyl “The Simpsons” op televisie is nie. (Anita 6 )
Liefde sal jou kry, al probeer jy ook daarvoor wegkruip. Ek probeer al daarvoor wegkruip vandat ek vyf is, maar die meisies bly my kry. (Bobby 8 )
Ek is nie haastig om verlief te raak nie. Graad vier is moeilik genoeg.(Regina 10 )
WATTER PERSOONLIKE KWALITEITE IS NODIG OM ‘N GOEIE MINNAAR TE WEES?
Een van julle moet weet hoe om ‘n tjek uit te skryf. Want al het julle tonne liefde, gaan daar nog steeds hope rekeninge wees. (Ava 8 )
MANIERE OM IEMAND OP JOU TE LAAT VERLIEF RAAK?
Vertel hom dat jy ‘n hele klomp lekkergoed winkels besit. (Del 6 )
Moenie dinge soos stinkende groen tekkies he nie, jy mag aandag kry, maar aandag is nie dieselfde ding as liefde nie (Alonzo 9 )
Een manier is om die meisie uit te vat vir ete. Maak seker dit is iets waarvan sy hou. Skyfies werk gewoonlik vir my. (Bart 9 )
HOE WEET JY TWEE MENSE WAT UITEET, IS VERLIEF?
Kyk of die man die rekening betaal. Dan weet jy hy is verlief. (John 9 )
Mense wat verlief is, sal die hele tyd in mekaar se oe kyk, en hulle kos laat koud word. Ander mense stel meer belang in die kos. (Brad 8 )
Dit is beslis liefde as hulle een van daardie poedings wat aan die brand is, bestel. Hulle bestel graag sulke dinge, want dit is hoe hulle harte voel, aan die brand. (Chistine 9 )
WAT DINK MENSE AS HULLE SE ” EK IS LIEF VIR JOU”?
Die persoon dink: Ja, ek is regtig lief vir hom. Maar ek hoop hy stort darem een maal op ‘n dag. ( Mishelle 9 )
HOE LEER ‘N MENS SOEN?
Dit is nooit reg om ‘n seun te soen nie. Hulle spoeg alewig die hele wereld vol. Dit is waarom ek opgehou het om dit te doen. (Jean 10 )
HOE MAAK JY SEKER DAT DIE LIEFDE SAL HOU?
Spandeer meeste van jou tyd aan jou liefie, in plaas daarvan om werk toe te gaan. (Tom 7 )
Moenie jou vrou se naam vergeet nie ………….. Dit sal die liefdesstorie heeltemal opmors. (Roger 8 )
