Twee wurmpies wat onder ‘n gholfbaan woon word een oggend wakker en die een sê vir die ander hy moet opgaan boontoe om te sien of dit reën. Die ander een besluit om eers bietjie te stry oor wie grondvlak toe gaan en nadat hulle die argument besleg het met die ou metode van wie die kortste stokkie trek kruip die verloorder toe maar op boontoe om te gaan loer. Op dieselfde tydstip is twee vrouens besig om gholf te speel bokant die wurmpies.
Die een vrou sê vir die ander dat sy ‘n verskriklike groot noot het en die antwoord “kyk, ons is alleen so hoekom pee jy nie sommer hier nie?” Die een met die noot gebruik toe die kans en hurk sommer net daar en laat loop op presies dieselfde oomblik as wat die wurmpie sy kop deur die grond druk. Die wurmpie gee net een kyk, word sopnat gepee, en glip weer onder die grond in. Terug by sy maatjie wil die weet of dit reën. Die wurmpie antwoord “Ja ou maat dit reën so hard dat selfs die voëls hulle neste onderstebo bo”
