‘n Man, wat ook redelike chauvinistiese neigings het, is getroud met ‘n vrou wat self ook redelike feministiese neigings toon. Dit is vanselfsprekend dat die twee maar redelik baie gaan vassit en om te vermy dat hulle huwelik op die rotse beland kompeteer hulle gereeld oor wie die vinnigste, hoogste, slimste, beste is. Dit is veilig om te sê ALLES wat hulle doen is ‘n kompetisie om te bewys wie, en natuurlik watter geslag, is die vinnigste, hoogste, slimste, beste….
Die probleem is dat die man bly verloor en op ‘n stadium begin dit hom depressief maak. So gaan hy na ‘n kopdokter toe om hulp te kry, want depressie help glad nie in sy kompetisies met sy vrou nie. Die kopdokter luister na sy probleem en na ‘n rukkie se dink sê hy: “Al wat ons moet doen is om aan ‘n kompetisie te dink waar jou vrou geen kans sal staan om te wen nie . Wanneer sy dan verloor sal dit jou laat beter voel en die depressie sal verdwyn. Ek weet ook net in watter kompetisie jy definitief sal wen. Gaan huis toe en daag jou vrou uit oor wie die hoogste kan pee.”
Die man jaag huis toe, want die dokter is reg, die kompetisie sal hy lag-lag of dan pee-pee wen. Sy vrou aanvaar dadelik die uitdaging toe sy hoor wat hy wil doen en die twee gaan staan agter die huis.
“Goed” sê die man, “ons gaan nou albei teen die muur pee en die een wie die hoogste teen die muur kan nat maak wen die kompetisie”
“Reg” sê die vrou, “ek is eerste”
Sy lig haar rok op, druk haar kop op die grond en lig haar een been teen die muur op tot sy redelik gespalk staan en maak toe haar merk teen die muur op ‘n goeie “lae-bors-hoë-heup hoogte.
Die man kan amper nie wag dat sy vrou haarself van die muur losmaak nie en hy maak sy gulp met ‘n vaart los, ruk sy merker uit en wil net begin pee toe sy vrou hom stop.
“WAG”, sê sy vrou, “geen hande word toegelaat nie…”
