Die bouer gaan dokter toe en sê “Dok, ek is baie erg hardlywig, jy moet help asseblief”
Die dokter ondersoek hom goed en sê “Goed, gaan buk vir my oor my lessenaar en byt op jou tande, dit gaan bietjie seer wees”
Die bouer maak maar soos hy gevra word want gaan moet hy gaan.
Die dokter haal ‘n krieketkolf uit sy kas, neem ‘n kort aanloop en slaan bouer ‘n hou wat ‘n goeie ses op die krieketveld so bring.
“Gaan loop gou ‘n draai en kom vertel my of dit beter is” sê die dokter aan die bouer.
Naby aan trane is die ou daar uit en wonder bo wonder kan hy weer gaan. Terug in die spreekkamer sê hy vir die dokter: “Baie dankie, maar wat kan ek doen om te verhoed dat dit ooit weer met my gebeur?”
“Wel, begin deur nie weer ou sement sakke te gebruik vir toilet papier nie”
