Die rolprent regisseur is besig om blondines te soek vir ‘n rol in ‘n film. Hy waarsku egter alle mense wat aansoek doen dat jy dalk gevra gaan word om te bewys jy is ‘n “regte” blondine.
Mense daag van ver af op maar een beeldskone blondine staan uit tussen die menigte en word ook sommer onmiddellik nader geroep.
“Is jy seker jy is ‘n ‘regte’ blondine?” vra die regisseer.
“Ja natuurlik” antwoord sy
“Jammer, maar jy gaan ongelukkig vir my jou broekie moet aftrek sodat ek kan seker maak”
Die blondine trek af en wys met soveel styl en sjarme dat die regisseer vir ‘n oomblik vergeet van die rede hoekom hy in die eerste plek gevra het om te sien, maar na ‘n oomblik registreer die bossie pik swart hare wat hom in die gesig staar…
“Jammer, maar ons soek net regte blondines”
“Gee my bietjie jou hand”? sê die blondine aan die regisseer
Sy vat sy hand en sit dit versigtig op die tafel neer, palm na onder. Sy trek haar skoene uit, neem die een skoen in haar regterhand, leen oor die tafel na die
regisseer toe en slaan toe met al haar krag die registreer se vingers met die skoen.
“EINA P*&&^%!!!” skree die regisseer en druk sy seer vingers in sy mond terwyl hy rond hop van die pyn. Na ‘n rukkie haal hy die seer vingers uit, kyk na sy hand en
gil op die blondine: “Wat de hel makeer jou, kyk hoe swart is my naels besig om te raak”
“Ja”, sê die blondine “en dit is na net een stampie”
