Terwyl die inspekteur die sinagoge se boeke nagaan vra aan hy die Rabbi “Ek sien julle koop ‘n klomp kerse, wat maak julle met die kers stompies?”
“Goeie vraag” antwoord die Rabbie “Ons spaar dit en stuur dit dan terug na die kersmakers, elke dan en wan stuur hulle ‘n boks verniet kerse aan ons”.
“Oo” merk die inspekteur op ‘n bietjie teleurgesteld dat sy vreemde vraag ‘n praktiese antwoord het. Hy gaan egter voort in sy pogings om die Rabbie uit te vang “Wat van al die brood goedjies wat julle koop? Wat maak julle met die krummels?”
“O ja” antwoord die Rabbie wat begin sien die belasting inspekteur soek fout wat daar nie is nie “Ons maak dit bymekaar en stuur dit na die bakkers en elke dan en wan stuur hulle ‘n boks verniet van die brood goedjies aan ons”
“Goed” sê die inspekteur terwyl hy hard dink aan ‘n manier om fout te kry by die Sinagoge “Wat maak julle met die velletjies wat oorbly na ‘n besnyding”
“Ook daar word niks vermors nie” antwoord die Rabbie, “Ons maak dit alles bymekaar en stuur dit aan die belastinggaarder en een keer per jaar stuur hulle ‘n belasting inspekteur.
