Dankbetuiging van ‘n onderbroek draer aan ‘n broekie(aanname) draer.
Hulle sê Olifante gebruik hulle ore as afkoel meganisme deurdat die lugstrominge wat daaroor waai die bloed wat daardeur vloei afkoel. Hulle sê ‘n olifant sirkuleer al sy bloed in ongeveer 20 min deur sy ore. So sit en verwonder ek my oor die olifant terwyl ek die lug strominge geniet en ek wonder of al my bloed ook binne 20 minute verkoel word deur my, hmmm, ore. Skielik spring ‘n verdoemende teregwysing op, amper soos ‘n tiener wat vergeet het om sy 3 onderbroeke, sy pt broek en sy hond se bek-muzzler aan te trek op die dag wat die kunsonderwyser dirty dancing lesse kom gee.
Ek is besig om myself, en veel erger, my nasie te vergat!
Die laaste ding wat ek wil doen is om die nasie te vergat deur my vergatte onderbroek oor my gat te trek en ek moet dank betuig aan iemand wat my, en die nasie se gatte, en wat ons gebruik om dit te bedek, so op die hart dra dat sy ‘n waarskuwing neergepen het vir ons en alle geslagte wat hierna dit kan lees. (Ek bied verskoning aan vir al die asemteue in voorafgaande sin, maar met die toeslaan van my knieë, na so ‘n beskuldiging, sukkel ek bietjie met asemhaling.)
Ek verwys natuurlik na Deborah Steinmair se “Om ’n volk se onderbroek te vergat” wat jy hier kan gaan lees “klik hier”
Ek kon ook nie help om aan onderbroeke te dink sonder dat die wyse woorde “F*k, ek is in die moeilikheid, maak plek vir my, ek moet onmiddellik land!” by my opkom nie. Veral die stywer soort onderbroeke neig nogal om dit meer te beklemtoon as die minder stywe soort. Ek stem ook nogal saam dat mans se psiges ‘n baie noue verwantskap met hulle onderbroeke toon. Wat jy aantrek en veral wie dit uitrek en wat daarin gebêre word omskryf jou soveel beter as enige psigometriese toets ooit sal kan. Onderhoude kan soveel eenvoudiger wees as die onderhoudvoerder net eenvoudig kan vra dat jy uithaal en wys. “Mnr. van der Merwe kom ons spaar almal se tyd. Trek jou broek af sodat ons kan sien of jy genoeg gate het om hier te kan werk”.
Kom ons maak onmiddellik ‘n onderskuit(sic) tussen die mans wat onderbroekloos deur die lewe gaan en die wat deur vrouens gekondisioneer is om onderbroeke te dra. Ek skryf as deel van die tweede groep wat wel ‘n dieper en ook onderliggende psigologiese letsel saamdra, ronddra en veral verdra oor my ma en later my vrou verkies dat ek gebreklik deur die lewe gaan eerder as gemaklik. Ons weet tog almal onderbroek dra is sleg vir voortplanting, daar word dan beweer dat die globale verwarming wat plaasvind tot die mens se uitwissing gaan lei in 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 jaar van nou af.
Die teregwysing roep ook weer my ma se waarskuwing oor ongelukke en skoon onderbroeke in my gedagtes op. Sy het natuurlik verseg om aan te dui watter soort ongeluk my in skaamte gaan laat oor die kondisie van my onderbroek. Ek het in my tiener jare gefantaseer sy verwys na vriendelike Amasones wat my klere van my lyf gaan afskeur en dan, op grond van my onderbroek gaan besluit om te stop. Ek vermoed egter sy het ook gedink aan ambulanse, dokters en sulke goed waar die heelheid van jou onderbroek gaan bepaal of jy ‘n staatshospitaal geval is al dan nie en waar die volheid van jou onderbroek dan die ernstigheidsgraad sal aandui. Ek stem heelhartig saam dat die Joost nabootser se ongeluk gedeeltelik veroorsaak was deur onderklere en gate en goed wat te klein was om enige gate behoorlik te dek. Was hy bewus gewees dat hy nie net die meisie nie maar ook die nasie gaan druk sou hy dalk anders gevoel het oor die gate. Ek wonder ook nou ewe skielik as ek dink aan al die skaamtes waaroor daar geskaam sou kon word in die “vroetel video” hoeveel skaamte jy sou toewys aan ‘n stukkende onderbroek. Wag, dit is nog nie 20 min vandat ek weer my knieë vanmekaar af het nie en moeilike vrae soos die op ‘n warm brein is sonde.
Ek stem ook heeltemal saam met die beskrywing dat seksbom(tick.tock.tick.tock.tick.tock) Zuma se gly in die stort heelwat beter was vir die volkies se psige as nabootser Joost se vroetel video. Daar is ewe skielik ‘n moontlikheid dat ‘n verkragtingsklag gebruik kan word deur ‘n spindokter en beeldpoetser as goeie publisiteit om nie eers te praat van watter groot verligting dit is om te weet dat Vigs, soos sweet, net belangrik is as jy nie ‘n stort het nie. Ek kan nie wag om my knaters in ‘n spindokter en beeldpoetser se hande (of is dit sig, want visuele stimulasie word mos gemeet deur wat ons sien) te sit nie alhoewel ek dink ek meer gemaklik is met ‘n poets as met spin. Die “witheid” van my stywe swart onderbroek wat ek aanhet kan ook nie die skuld kry vir my eie onsekerhede nie. Ek dink ek sal dit eerder voor die bors van vrouens moet le wat my nou al selfs op onderbroekvlak wil verander na ‘n paddadraertjie waar dit slegs die lengte van my padda se nek is wat my anders maak as enige ander paddadraertjie. Maar ek is nie seker daaroor nie…
Ek wonder of sommige mense verknog raak aan hulle kledingstukke. Sulke intieme ewigdurende kontak brand dalk ‘n spesiale plekkie tussen die gejeuk oop en net dalk help ‘n oer oorlewingsinstink om addisionele asemhalingsgate in jou onderbroek te verbloem vir jou eie oog. Die wat nie dieselfde verhouding met die kledingstuk het nie se oorlewingsinstink bedrieg nie die oog nie en die gate word uitgelig juis oor dit dalk ‘n venster na die draer se psige openbaar? Ons hou mos maar daarvan om te weet wat die bure doen en tweelinge is almal se gunstelinge.
Dankie Deborah, jy en vele ander vroue soos jy, wys so gereeld die pad vir ons mans dat ons nie meer kan verdwaal nie. Ons mans is tog so dankbaar dat julle die volk opvoed om buite egtelike seks, getrouheid tot jou gade en veral versteekte kameras en fotograwe mis te kyk want onderklere en shampoo is al wat ons nasie gaan red van vergatting in die jare wat kom.










Aah… eindelik ‘n man wat bereid is om te antwoord wanneer ‘n slim vrou praat… Persoonlik het ek het nog nooit regtig gedink dat mens nie veronderstel is om onderklere te dra nie, ek dink ons is dalk al so gekondisioneer dat soet seuns en dogters altyd onderbroekies dra, en dan verkieslik skoon en heel onderbroekies, dat ons totaal vergeet het van ‘n keuse wat hier voor ons staan: ONS MAG KEIS OM NIE ONDERKLERE TE DRA NIE en niemand mag jou oordeel daarvoor nie – en dalk is dit die oplossing vir al die letsels op ons sogenaamde volkpsige…? Geen onderbroek – geen gatjie – geen letsels! Om die blogger se boodskap hierbo vreeslik te vereenvoudig… (jammer!)
Anyway, I’m nothing if not pro-choice… so ja, ek’s besonder bly dat my teenoorgestelde geslag ‘n slag sy stem dik maak vir al die beknopte knaters daarbuite! ;-) Ek het ‘n paar vriendinne (self nie vreeslik beindruk met die idee van onderklere nie) wat jou sal inwag met ‘n heldeverwelkoming, sien Deborah: Ons is nie almal so nie!
This superwoman is impressed!
Gesels saam!