Glo jy vir dominee broer/suster?
Ou mense is soms soveel pret, veral as jy nie direk betrokke is in wat hulle aanvang om die lewe interessanter te maak nie.
Ek is altyd "gedreig" met krulhare en ander snaakse goed oor ek nie pampoen wou eet nie...hierdie ma gebruik sommer die duiwel as motivering...
Ek erken, ek het omtrent geskree van die lag vir die arme ou se ghout pyn...maak dit my 'n slegte mens? Lees eers en dan praat ons weer.