Stuur gerus enige materiaal wat jy het aan grappies@lagjoudoos.co.za vir plasing op die werf.
Hiermee wil ek graag my uiterste verwarring uiteensit:
My pa en ek woon saam en ons het ‘n radio en ‘n TV. Hy is ‘n wewenaar en ek ongetroud. Onder ons woon ‘n weduwee en haar dogter, albei baie mooi en sonder ‘n radio of TV. Hulle kom kuier gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik.
Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook.
Net daar begin my k@#$% Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma van sy vrou getroud is.
Toe kry my vrou ‘n seuntjie. Dit is ook my seun en die broer van my skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook ek en
my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my skoonma ook my tannie. Toe kry my pa se vrou ook ‘n seuntjie en hy word dus my broer. My seun is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou is sy ouma grootjie, want sy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy oupa grootjie. Aangesien die oupa grootjie van my broer ook myne is, is ek dus my eie oupa grootjie!
Nou kan jy verstaan …………………
Groete Gert
Hoekom teken jy nie in op opdaterings nie - dan help ons jou om vir ander mense se probleme te lag
Gaan hierheen http://lagjoudoos.co.za/sluit-aan/
