grappies
Home » Grappies

Boeta se briefie plaas toe

14 January 2010

Boeta is op universiteit en ontmoet ‘n girl wat hy graag aan sy ma-hulle op die plaas wil gaan voorstel. Boeta is biejtie skamerig vir hoe dinge op die plaas is en skryf toe vir sy pa ‘n brief van ‘n paar dingetjies wat hulle asseblief tog net moet regstel voor hulle gaan kuier.

“Daar is drie dinge wat pa-hulle tog moet regsien voor ek vir Sannie plaas toe kan vat. Boela is al baie oud en blind en vol vlooie en hy stink. Julle moet asseblief vir Boela uitsit. Dan, daai buite-toilet moet julle asseblief afbreek. Dit is nou die moderne tyd. Mense het deesdae badkamers met toilette binne-in die huis. En die laaste ding – daai foto in die voorhuis van waar pa sit en ma staan moet julle asseblief verwyder. Deesdae staan die man en die vrou sit wanneer fotos geneem word.”
Die pa stuur toe die volgende brief terug:
“Boeta, toe jy vyf jaar oud was, toe val jy in die dam en Boela het jou gered. So Boela bly. Dan, daai buite-toilet is waar ek elke oggend gaan sit en na die boerdery kyk en planne maak en dit is wat jou op die universiteit hou. So die buite-toilet bly. En laastens. Daai foto van waar pa sit en ma staan is op ons honeymoon geneem. Pa kon nie staan nie en ma kon nie sit nie en dis waar jy vanaf kom” PUNT

Dankie Marisa

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

2 gesprekke »

  • Plasie said:

    Ek het hierdie een gehoor waar die deel oor die toilet gaan dat die oom dit duidelik stel dat daar op sy plaas nie in die huis gekak sal word nie, daarom sal die buite-toilet bly.

  • grappies (author) said:

    Ek kry baie keer “dieselfde storie, verskillende eindes” ding – ek dink dit is maar hoe dit soms langs die braaivleis vuur, viswaters, kroeg gaan….

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.