Hulle sê mos ‘n skeidsregter sien gewoonlik net die speler wat tweede in ‘n wedstryd slaan raak en nooit die speler wat eerste geslaan het nie. ‘n Skeidsregter wat heeltemal bewus is van die feit sien hoe ‘n bloubul slot verskriklik gemoer word in ‘n lynstaan. Hy blaas onmiddelik op sy fluitjie en sê vir die slot: “Luister boet, as iemand jou nou weer slaan dan stuur ek vir jou van die veld af!”
