Blou bul gebed vir WP
Die outjie is ‘n groot Blou bul ondersteuner en vra sy pa of dit reg sal wees as hy vanaand bid dat Liewe Jesus die Blou Bulle sal laat wen teen die WP.
“Miskien moet jy maar net iets oor die WP ook sê” kom die raad van sy Pa.
Die aand bid die outjie: “Liewe Jesus sorg asseblief dat die Blou Bulle die WP ‘n hengse pak slae gee en help ook die WP ‘n klein bietjie, nie omdat hulle dit verdien nie maar enkel uit genade, amen”










Gesels saam!