Die blondine gaan na haar prokureur om te vra vir ‘n egskeiding. Die prokureur vra, ‘Slaan hy jou?’
‘Nee, Meneer.’
‘Doen hy jou kort aan geld?’
‘Nee, Meneer.’
‘Is hy ‘n nimmereindigende dronkklap?’
‘Nee, Meneer.’
‘Is hy ontrou aan jou?’
‘Ah, daar HET ons hom, Meneer. Hy is nie die pa van my jongste kind nie.’
