Die blondine bel haar kêrel en sê paniekbevange.
“Kom gou! Ek het ‘n legkaart gekoop en daar is duisende stukke en ek weet nie waar om te begin nie!”
Kêrel: “Wat moet dit wees as dit klaar is?”
Blondine: “Dit moet ‘n hoenderhaan wees…”
Die kêrel jaag teen die spoed van wit lig deur na haar toe want hy weet hoe vinnig sy opgewerk kan word en dan is die week sommer omgekrap vir almal. Daar aangekom stap hy in die sitkamer in en suiker oor na die tafel toe waar al die stukke verstrooi lê.
Hy bekyk die spulletjie so ‘n rukkie terwyl hy wonder hoe om die situasie nou gaan aanpak. Hy tel die boks op, gluur die prentjie vir ‘n paar sekondes aan en sit die weer boks neer.
“Ai my engel. Hier gaan jy bou tot jy blou in die gesig word en jy gaan nooit ‘n hoenderhaan uit dit kry nie. Ontspan nou, gaan maak vir ons tee en dan gooi ek die Corn Flakes terug in die boks!”

Moeilikste legkaart ooit?
