Die blondine staan en wag by ‘n baie besige busstop. Toe die bus uiteindelik opdaag, besef sy dat sy nie met haar baie nou minirokkie op die eerste trappie van die bus kan kom nie.
Sy glimlag effe verleë terwyl sy die rits van haar mini so bietjie aftrek agter haar rug. Sy probeer weer maar met dieselfde resultate. Weereens laat skiet sy haar rits so ‘n bietjie en probeer weer op die bus kom.
Die volgende oomblik vat ‘n groot boerseun haar om die middeltjie en tel haar moeiteloos tot op die boonste trappie.
Vererg draai Blondie om en skree onsteld: “Hoekom raak jy aan my!”
Die boerseun glimlag en sê: “Ek vat nie sommer aan vreemde vrouens nie maar nadat jy my gulp twee keer afgetrek het, het ek gedog ons is vriende!”
