Jannie stap by die deur in en sy ma sê: “Jannie, pa wil jou in sy studeerkamer sien”
“Ag nee”, sê Jannie “ek wil nie daar ingaan nie”
“Hoekom nie, jy het niks verkeerd gedoen nie, pappa wil net met jou gesels man”
Dikbek en sleepvoetend loop Jannie by sy pa se studeerkamer in.
“Sit”, sê sy pa, “dit is tyd dat ons oor die blommetjies en bytjies gesels”
“Nee, Nee, Nee”, huil Jannie
Sy pa kry die mannetjie einde ten laaste getroos en toe alles weer bedaar het vra hy: “Wat is fout jong?”
“Ek hou niks daarvan om met pa oor iets te kom gesels in die studeerkamer nie. Toe ek jonger was het pa my vertel daar bestaan nie ‘n tande muis nie, later was dit die paashaas en nog later Kersvader. As pa my nou wil vertel daar is nie so iets soos seks nie, wil ek dit nie hoor nie!”

Hi dude i thick it`s fucken funny after this i can`t stop laughing!LOL HAHAHAHAHAHAHAHAHA HAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA HAHAHAHAHAHAHAHAHAHA
Hi Christina, I wasn’t aware that I had English readers! Thanks for the the heads-up and enjoy the other stuff here.