Wes-Transvaal se rugbyspan gaan speel in die destydse Suidwes in Windhoek. Bokant Upington begin die vliegtuig weens turbulensie vreeslik skud en begin selfs op en af spring. Daai tyd was daar ook redelik publisiteit gegee aan ‘n ander vliegtuig met rugby spelers wat in die Andes berge neergestort het waar die oorlewendes later van hulle mede passasiers moes eet om te oorleef.
Terwyl die vliegtuig ruk en rol is die rugbyspelers almal maar gespanne behalwe vir een knaap wat glad nie bekommerd is nie. Toe die pragtige lugwaardin die passasiers vra om met hulle koppe op hulle knieë te gaan lê sê hy vir die spanmaats:
“Ek wil net vir julle sê as die vliegtuig val eet ek daai lugwaardin heel eerste”
