grappies
Home » Nuusflits

Bek-Rek ‘n Nuwe vorm van Afrikaanse Komedie

18 March 2009

Die tyd het aan gebreek vir nuwe form van vermaak! Bek-Rek! is Suid-Afrika se eerste Komedie groep wat spesialiseer in die Afrikaanse form van Standup.

Bek-Rek! is ‘n ongeregistreerde organisasie sonder winsbejag wat beoog om Afrikaanse komediespel in Kaapstad te ontwikkel en bevorder. In 2008 het Brent Niemandt gesien dat daar ‘n behoete aan Afrikaanse Komedie is. Hy het weeklikse werkswinkels georganiseer om sodoende opkomende komediante ‘n kans te gee om hul material te ontwikkel!

Die groep praat met geesdrif oor die rol van komedie in die land:

“Die Afrikaanse musiekbedryf het die afgelope paar jaar baie groot geword. Dit het die deur vir ander vorme van vermaak oopgemaak, byvoorbeeld komedie.”

“Ons lewe in moelike tye, en ons land benodig iets om ons kwale te laat vergeet, en daar is niks lekkerder as om jou kwale weg te lag nie.”

“Met dit in gedagte, dink ons dat daar ‘n mark is vir ons Afrikaanssprekendes om so ‘n bietjie in ons eie taal te lag!”

Tans bestaan Bek-Rek! uit a groep van 4 Komediante, 1 Komediese Kulkunstenaar en 2 opkomende Komediante!

Brent Niemandt – Met sy onnutsige verbeelding, groot mond en “tipiese kerel” persoonlikheid, kry hy nuwe aanhangers by elke opvoering.

Piet Potgieter – Die Boer, wat as ‘n Dominee geswot het, as ‘n Barman gewerk het, sal jou laat skater van die lag!

Jaak Erasmus – ‘n Prontuit Komediant, wat jou mening van sport en verhoudings heeltemal sal laat verander.

Dugald Pieterse – Wenner van die SBA/SON Kaapse Jokes Kompetisie. By Elke opvoering het sy stories van alledaagse lewe in Bredaarsdorp verseker dat hy ‘n gunstelling by die gehoor is.

Regardt Laubscher – ‘n Komiese Kulkunstenaar wat jou sal betower met sy oorspronklikheid!

Hulle tree op ‘n gereelde basis by verskillende teaters in die Kaap Provinsie op, met onlangse optredes by die Durbanville Kunskafee, Die Plaas Teater in Brackenfell en die Aan de Braak Teater in Stellenbosch. En daar word ook beplan om by toekomstige vertonings komediante van Johannesburg te nooi om op te tree as gaskunstenaars!

Berei jouself voor vir ‘n Komediebredie met ons vars-uit-die-oond Afrikaanse Komediante. Hulle gaan gek skeer, gehore laat skater en trane sal loop van die lag!

Vir besprekings en inligting skakel Brent op 072 132 5596 of stuur ‘n epos aan brent@comedyshop.co.za of besoek:
http://www.facebook.com/group.php?gid=34163166968

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

2 gesprekke »

  • Philip Blanckenberg said:

    Hi

    Ek soek ‘n komediant vir Philadelphia Landbouvereniging se Jaareindfunksie 4 Desember! Het voorheen mense soos Nico Nel, Wicus v d Merwe ens gebruik. Dis ‘n aandfunksie met ongeveer 120 mans en vrouens, wat net lekker wil lag!!!

    Het julle enige voorstelle?

    Groete Philip

  • grappies (author) said:

    Hi Philip

    Ek stuur jou versoek na Bret wat die Bek-Rek koordineerder is. Anders moet julle maar van die goed hier op LJD uitdruk en voorlees ;)

    Groete

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.