grappies
Home » Grappies

BANKROTSKAP – Waar dit alles begin het

Ek sien die elektrisiteit is weer aan die opgaan – hier is ietsie om daarmee saam te lees

Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander het, en my oortrokke bankrekening verdubbel het.
Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse, en my oes verminder met die helfte.
Toe verander hulle die reënval van duime na millimeter, en ons het sedert daardie tyd nog nie weer ‘n duim reën gehad nie.
Wat doen hulle toe ? Bring ‘n ding genaamd Celsius… en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder my mielies wil nie groei nie.
Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond, van morge na hektaar, en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek oorspronklik geërf het.
Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my……… Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer.
Nou is my plaas so blerrie vêr uit die dorp, dat niemand daarin belang stel nie!

Koos van der Merwe

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.