Bankbestuurder leen my geld asseblief
7 October 2009
Die boer gaan bank toe en wil R100 leen. “Goed meneer, maar watter sekuriteit het jy?”
“Ek het 100 beeste op die plaas”
Die bank staan hom toe die R100 lening toe en na ‘n maand is hy terug met R2000 om sy skuld van R100 af te betaal.
“Meneer, ek sal daai R1900 van jou vir jou belê” sê die bankbestuurder
“Goed” sê die boer “Hoeveel beeste het jy?”










Gesels saam!