Die jong, nuwe ouers kom by die huis na hulle eersteling se geboorte en natuurlik is die doek vuil. Die vrou stel voor die man ruil die baba se doek sodat hy ook deel kan vorm van die baba grootmaak en van hulle nuwe lewe saam.
“Ek is besig skat, ek sal die volgende een doen”
Die volgende vuil doek breek toe ook aan en die vroutjie vra hom weer of hy die doek sal ruil. Hy trek sy oë op skrefies en sê: “Ek het mos gesê ek sal die volgende baba se doeke ruil”
