Baba se 1ste besoek aan dok
‘n Vrou en baba wag vir die dokter sodat die baba sy eerste ondersoek kan kry. Die dokter kom toe ook haastig daar aan en begin sommer dadelik met kleinding se ondersoek. Hy gaan die baba se gewig na en oordat die kleinding bietjie lig is vir sy onderom vra hy besorg of die baba gebors- of gebottelvoed word.
‘Borsvoed’ antwoord die vrou.
‘Wel in daai geval sal u asseblief alle klere aan u bolyf moet uittrek’ vra die dok
Die vroutjie maak toe ook so en die dok begin haar ondersoek.
Hy knyp haar tepels, voel en vryf haar borste vir ‘n paar minute in ‘n baie professionele en deeglike manier.
Na hy heeltemal tevrede is met die ondersoek wys hy sy kan maar aantrek.
‘Jou baba is ondergewig’ sê die dok, ‘en die rede daarvoor is dat jy geen melk het nie.’
‘Ek weet’ sê die vrou, ‘ek is die baba se ouma, maar ek is baie bly ek het gekom…’










Gesels saam!