‘n Man gaan vir ‘n onderhoud as TV Nuus leser by die SAUK. Die onderhoud verloop goed maar ongelukkig bly hy hakkel en oogknip gedurende die onderhoud.
Die onderhoudvoerder sê:”Kyk man, ek hou baie van jou maar ongelukkig kan ek jou nie aanstel nie as gevolg van die gehakkel en ge-oogknippery.”
“Dit is nie ‘n probleem nie”, antwoord die man, “ek neem net 1 Aspirien tablet en dan is ek reg vir ten minste ‘n uur.”
“Wys my”
Die man steek sy hand in sy sak en hy trek vuiste vol kondome uit, gladdes, growwes, smaakvolle en smaakloses, kleurryke en kleurlose kondome, voor hy by ‘n pakkie Aspirien uitkom. Hy drink een en sowaar hy is daarna sonder sy hakkel en sy oogknippery.
Die onderhoudvoerder sê: “Hel dit is wonderlik maar ongelukkig kan die SAUK nie nou bekostig om iemand aan te stel wat as rok jaager gesien sal word nie.”
“Wat bedoel jy, ek is gelukkig getroud en stel glad nie belang in ander vrouens nie!”
“Wat dan van al die kondome wat jy in jou sak rond dra?”
Die man sug, en antwoord: “Het jy al ooit by ‘n apteek ingeloop en al hakkelend en oogkippend gevra vir ‘n pakkie Aspirien?”
