Net ‘n nota hieroor – die hy/sy is so aan my gestuur, maar deesdae kan jy die hy/sy sekerlik ook omruil sonder probleme
Hy: Kan ek vir jou ‘n drankie koop?
Sy: Gee my eerder net die geld
Hy: Ek is ‘n fotograaf en soek al lank ‘n gesig soos joune
Sy: Ek is ‘n plastiese chirurg en soek al lank ‘n gesig soos joune
Hy: Hi, was ons nie al een keer saam uit nie? Of was dit twee keer?
Sy: Moes een keer gewees het, ek maak nie dieselfde fout twee keer nie.
Hy: Hoe kan enigeen so pragtig soos jy wees?
Sy: Ek moes jou deel van die skoonheid ook geƫrf het
Hy: Sal jy saam met my uitgaan Saterdag?
Sy: Jammer, ek gaan ‘n hoofpyn he die naweek.
Hy: Jou gesig moet ‘n paar koppe laat draai
Sy: En joune ‘n paar mae?
Hy: Ek dink ek kan jou baie gelukkig maak.
Sy: Hoekom? Is jy aan die weggaan?
Hy: Wat sal jy antwoord as ek jou vra om te trou?
Sy: Niks, jy kan nie lag en praat terselfdertyd nie
Hy: Kan ek jou naam kry?
Sy: Hoekom? Jy nog nie een nie?
Hy: Waar was jy my lewe lank?
Sy: Besig om weg te kruip vir jou.
Hy: Het ek jou nie al iewers gesien nie?
Sy: Ja, dis hoekom ek nie meer soontoe gaan nie
Hy: As ek jou kaal sien kan ek gelukkig doodgaan
Sy: Ja, en as ek jou kaal sien kan ek doodgaan van die lag.
Hy: Is die stoel gevat?
Sy: Nee, maar die een sal ook beskikbaar wees as jy gaan sit.
Hy: Hi bokkie, wat is jou teken?
Sy: Geen toegang.
Hy: Jou liggaam is ‘n tempel
Sy: Jammer, geen dienste vandag nie.
