Ek is seker almal het so dan ‘n wan ‘n slegte dag en soms, as jy gelukkig is, ontmoet jy mense vir wie elke dag sleg is.
Hoe nou?! Ja, jy wil graag iemand ken wat elke dag ‘n slegte dag het. Dit begin al in die oggend as hy/sy uit die bed uit klim en die pispot raaktrap nadat die buurman se hond die hele nag so geraas het dat hy/sy nie ‘n oog kon toemaak nie en dit eindig as hy/sy in die bed klim en sy/haar wederhalf per ongeluk wakker maak wat dan so skel dat die buurman se hond wakker word…
Hoekom? Wel dan kan jy altyd jou probleme meet aan die siel se probleme en sien jy het niks om oor te kla nie. (Nou dat jy weet waarvoor om die siel te gebruik kan jy ook nie kla oor die siel elke dag by jou kom kla nie. Dink daaraan as verniet terapie)
Net om bietjie te help kan jy gerus hier gaan loer oor watter slegte ondervindings sommige al gehad het(ware stories, ek lieg nie)
Dit staan vir “My Life Sucks but I don’t give a F”
Ja, dit is Engels – wat het ek nou net gesê oor kla!
Hier is ‘n paar verhale wat ek vertaal het as jy nog bietjie oortuiging kort
Ek het vandag my paspoort in die pos ontvang en merk toe op dat hulle my geboortedatum verkeerd aandui. Ek sien toe die geboortesertifikaat op wat ek saam met my aansoek weggestuur het en dit daai toe uit dat my ouers al die afgelope 16 jaar my verjaarsdag op die verkeerde dag fier.
Ek raak vandag aan die slaap in die klas gedurende ‘n lesing. Ek het my sweetpakbroek gedra en kry toe ‘n houtie terwyl ek slaap. My onderwyser kom toe en gryp my aan my penis wat sy gedink het is my foon.
Vandag vertel my mansvriend my hy kan nie saam met my kuier nie want hy is regtig siek. Ek gaan toe na sy huis toe om hom met tuisgemaakte sop te verras. Ek vang hom toe waar hy besig is om met my suster te vry. My suster kan nie bestuur nie en my ma moes haar daarheen geneem het…
Ek wou vandag ‘n lekker middagete saam met my vrou gehad het voor ek moet vas vir ‘n baie ernstige operasie wat ek moontlik nie sal oorleef nie. Sy besluit toe dit is belangriker om haar hare te laat sny. Ek het alleen geëet.
My ma sê my vandag “Jy en jou pa hou mos van dieselfde kos? Proe gou vir my hieraan.” Sy laat my toe proe aan ‘n aarbei geurige room. Ek sê haar toe dit proe nogal lekker en vra toe hoekom sy my daaraan laat proe het. “Dit is my nuwe nippel room waarmee ek jou pa vanaand wil verras. “

Dis skreeunaaks! En ek voel klaar beter oor al my af-dae! Net so terloops… wie’t nog ‘n pispot langs die bed?
Wel, die Afrikaanse sanger, Jak de Priester sing in Ai Britney …”Alles word gesteel…van my TV, tot my pispot en tot my hond”