ANC vir die fietsryer
Die nuwe ANC kandidaat is besig om stemme te werf vir sy party in Boksburg toe daar ‘n ou met ‘n hengse spoed aangejaag kom met sy fiets. Die fietsryer probeer die draai teen hoe spoed maar misgis hom met die randsteen en slaan stert oor kop neer.
Die ANC kandidaat hardloop nader, en vra baie besorg, “Het jy seergekry? Kan ek jou gou hospitaal toe neem?”
Fietsryer: “Nee wat dankie, ek is okei”
Die ANC man dink hy gaan sommer die geleentheid gebruik vir stem werwing en vra “Ek is die nuwe ANC kandidaat vir die wyk. Kan ek jou dan oorreed om jou stem te gee aan die ANC met die komende verkiesing?”
Fietsryer: “Dit is nou gaaf van jou, maar ek het op my gat geval, nie my kop nie”










Gesels saam!