Algemene kennis of net gemene kennis?
Jimmy en Mike gesels. “Mike, weet jy wie is Benjamin Netanyahu?”
“Nee” antwoord Mike.
“Wel dit is algemene kennis, dit is die eerste minister van Israel. Weet jy wie is Gordon Brown Mike?”
“Nee” antwoord Mike
“Wel dit is algemene kennis, dit is die eerste minister van Engeland”
“Hoe weet jy al die dinge Jimmy?” vra Mike
“O ek leer dit saans by die kollege waar ek aandklasse loop sodat ek meer kan weet as my vriende”
“Ek het ‘n vraag vir jou Jimmy. Weet jy wie is Windpomp van der Merwe?”
“Nee Mike, ek het nog nooit van hom gehoor nie” sê Jimmy
“Wel dit is algemene kennis Jimmy, dit is die ou wat saans by jou vrou kuier as jy klasse loop Jimmy.”










Gesels saam!