Home » FAQ

FAQ

Algemeenste gevraagde vrae ;)

Waar kom die naam vir die webwerf vandaan?

Hierdie webwerf was nog altyd oor grappies en niks anders nie.  Ek het een oggend in die spieël gekyk, na ‘n lank week, en die gedagte het by my opgekom….  Die webwerf is kort daarna gebore.

So hoeveel pornografie gaan ons hier kan sien?

Jy is regtig op die verkeerde webwerf! As jy dit hier soek gaan jy nie help word nie.  Geen pornografie sal hier gevind word nie.  Alhoewel die werf nie as “kinder vriendelik” bestempel kan word nie wil ek nie eendag bekommerd wees oor wat hulle sal sê as hulle die webwerf raak swerf nie.

Ons hou nie van die “Doos” in die naam nie – kan jy dit verander?

Nee. Doos is ook ‘n boks as jy vergeet het.  Dit was(is) ook ‘n verwysing na myself – sien waar die naam vandaan kom.  Dit is jou keuse hoe jy dit gaan interpreteer.

Kan ons materiaal verskaf?

Natuurlik.  Stuur gerus enige items na grappies@lagjoudoos.co.za.

Wanneer word die goed wat ons gegee het opgelaai?

Ek plaas so 2-4 items per dag.  As jou items gebruik word stuur ek jou ‘n epos wat aandui dit is geplaas en ek verskaf ‘n direkte skakel sodat jy kan spog daarmee by jou vriende.  Ek kry baie keer duplikaat grappies. Wanneer ek dit dan plaas word slegs die 1ste persoon wat dit verskaf het in kennis gestel!  Die les om te leer is om so spoedig moontlik alle nuwe grappies aan te stuur!

‘n Grappie wat ek gestuur het is geplaas maar niemand het my laat weet nie en nie erkenning gegee nie!

Laat ek begin deur te sê “DANKIE VIR JOU GRAPPIE” Ek kry baie keer duplikaat grappies – meer as 1 persoon stuur dieselfde grappie aan.  Ek laat dan net die persoon weet vanaf wie ek dit 1ste gekry het.  Stuur dus jou grappies ssm aan sodat jy 1ste is!

My regte as eienaar is geskend deur iets wat geplaas is

Mnr, Mev, Me, Prof, U,Hoogheid ek is jammer – sien gerus die kopiereg bladsy. Kontak my dan sodat ons dit onmiddellik kan regstel

Wat gaan jy maak met my persoonlike inligting soos my epos adres?

Sien die bladsy wat handel oor die webwerf se privaatheid beleid.  Ek sal egter nie jou epos adres verkoop of selfs weggee nie. Ek is self bitter moeg vir gemorspos (of “spam” in goeie Afrikaans)

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti