grappies
Home » Grappies

Aansoekvorm om met my Dogter uit te gaan

AANSOEKVORM VIR TOESTEMMING OM MY DOGTER TE MAG UITVRA

Lees asseblief die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vorm ingevul word.

Alle aansoeke moet vergesel word van 5kg (of meer) biltong, 12 bottels KWV Roodeberg, 12 bottels KWV 10 jaar Brandewyn, en 1 kas Heineken.

Hierdie aansoek sal as onvolledig beskou word (en afgekeur word) indien enige van die volgende NIE aangeheg is nie:

  • Volledige finansiële state vir die laaste drie jaar
  • Skool- en universiteitsgeskiedenis (nie technikon, kollege of iets anders nie).
  • Werkgeskiedenis
  • Familiegeskiedenis vir die laaste 200 jaar (Anglo-Boereoorlog Hensoppers, joiners of Vermyders kan maar hier opgee).
  • Bestuurderslisensiegeskiedenis
  • Volledige mediese ondersoek onderteken deur ‘n goedgekeurde dokter en psigiater.

AANSOEKVORM

Naam: _______________________________________________________
Bynaam: ______________________________________________________
(Enige dierename of implementname soos saag, hamer, spyker, boor ens by bogenoemde sal tot afkeuring lei)
Geboortedatum: ________________________________________________
Lengte: _______________________________________________________
Gewig: ________________________________________________________
IK:____________________________________________________________
Skoolgemiddeld: _______________________________________________
ID #: _________________________________________________________
Bestuurderslisensie #: ___________________________________________
Tuisadres: _____________________________________________________
______________________________________________________________
Dorp/Stad : _____________________________Kode: _________________
Het jy EEN manlike en EEN vroulike ouer? __________________________
Indien NEE, verduidelik __________________________________________
Aantal jare wat hulle getroud is: ___________________________________
Indien korter as jou ouderdom, verduidelik: __________________________
______________________________________________________________
Besit jy:
‘n Kombi: ______________________________________________________
Ford Sierra: ____________________________________________________
Enige ander kar met ‘n drukvin en allooiwiele wat NIE standaard is nie?
__________________________________________________________
‘n Waterbed: ____________________________________________________
‘n Bakkie met ‘n matras agterin: ____________________________________
Kondome: ______________________________________________________
Enige pornografie: ________________________________________________
Dra jy ‘n oorbel, neusring of naeltjiering of enige ander ring?____________________________
Het jy ‘n tatoeërmerk? _____________________________________________
INDIEN ANTWOORDE OP ENIGE VAN DIE BOONSTE VRAE JA IS, MOENIE VOORTGAAN
NIE EN VERLAAT DIE PERSEEL ONMIDDELLIK.

In 50 woorde of minder, wat beteken LAAT vir jou? ____________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________

In 50 woorde of minder, wat beteken: MOENIE AAN MY DOGTER RAAK NIE?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
In 50 woorde of minder, wat verstaan jy onder GEHEELONTHOUDING?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________

In 10 woorde of minder, wat verstaan jy onder die volgende:
KASTREER: ____________________________________________________
GENADEDOOD: __________________________________________________
In nie MINDER as 5000 woorde verduidelik wat jy verstaan onder die woord VRY?
SKRYF DIT OP JOU EIE PAPIER EN HEG AAN BY AANSOEK)
Naam en adres van die kerk wat jy bywoon: __________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
Hoe gereeld woon jy kerk by? ______________________________________
Wanneer sal die beste tyd wees om die volgende persone te ondervra:
Vader: ________________________ Predikant: ____________________
Moeder: _______________________ Paroolbeampte: ________________

Sal jou ouers hulle vrywillig aan genetiese toetsing onderwerp of sal doofpyle gebruik moet word? ___________

Enige besware teen die deursoeking van jou persoon, voertuig, hok of gat of enige ander blyplek? ___________

Voltooi die volgende sinne. Antwoorde sal as vertroulik beskou word.
a.. Indien ek geslaan word, wil ek baie graag NIE die volgende been gebreek wil he nie: ________________________________________
b.. Indien ek raakgeskiet word, sou ek nie raakgeskiet wou word op my:______________________________________________________
c.. ‘n Vrou se plek is in die: ______________________________________
d.. Die een ding wat ek hoop NIE gevra sal word in die onderhoud nie,is:
___________________________________________________________
e.. Wanneer ek ‘n meisie vir die eerste keer ontmoet, sien ek heel eerste
die volgende raak:________________________________________

NOTA: Indien die antwoord met ‘n P, T, D of G begin, stop dadelik.
Terwyl jy die perseel verlaat, hardloop in S’e en hou jou kop laag.

Wat wil jy word INDIEN jy moontlik groot word?
___________________________

Wat is die huidige tariewe van ‘n hotelkamer?
_____________________________

Hoe weet jy dit? _____________________________________________________

Aan watter sport dink jy as jy die woorde hoor “First Base” en  “Second Base”?______________________________

HIERMEE BELOOF EK PLEGTIG DAT AL DIE BOGENOEMDE INLIGTING KORREK EN
WAAR IS.
VERKEERDELIK VERSKAFDE INLIGTING MAG LEI TOT DIE DOOD, ONTMANNING, DIE
VERLOOR VAN LEDEMATE, ROOIMIER-MARTELING, KRUISIGING, ELEKTRIESE SKOK,
CHINESE WATERMARTELING EN ROOIWARM YSTERTOEDIENING.

HANDTEKENING (dis jou naam): __________________________________________

Dankie vir jou belangstelling. Laat asseblief 4 tot 6 jaar toe vir prosessering. Jy sal skriftelik in kennis gestel word indien jou aansoek aanvaar word. Moet asseblief nie probeer om telefonies, elektronies, skriftelik, per posduif, vingertaal of deur middel van rookseine in
verbinding te tree nie (aangesien dit tot ernstige beserings kan lei). Indien jou aansoek afgekeur word, sal ek en my slagter jou persoonlik kom in kennis stel….

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.