Dit lyk vir my hier is ‘n hele paar van julle wat ongesond behep is met die woord “doos”. Ek dink nou sommer aan die tante wat my die ander dag berispe het oor ek die woord “doos” in die werf se naam gebruik, tot die mense wat soek terme gebruik soos “kaalgeskeerde doos” en dan hier kom land.
Tante
Die woord “doos” het meer as een gebruik en betekenis. So ook ander woorde – dink aan brei waar algemene terme soos “jou steke tel”, “patroonsteek”, ”dikte van jou pen” algemeen gebruik word. In kosmaak word “koek”, “styf”, “eiers”, “koeksisters” en ander dergelike goed alledaagse gebruik.
Soek engin (be)soekers
Aan die ander mense wat hier land weens julle soeke na doos. Dalk is julle eerder op soek na onderstaande werwe en/of items?
Die “Fisher-Price Link-A-Doos Infant To Toddler Rocker”stoeltjie te kry by Amazon
http://www.amazon.co.uk/Fisher-Price-Link-Infant-Toddler-Rocker/dp/B000E5Q3OI
En hier dink julle dit is ‘n speletjie om mammas en babas by mekaar te pas
—————-
Argitekte te kry by http://www.doos.se/doos.html
Nee, lyk nogal assof hulle ook ander goed as Teasersse ontwerp
—————-
http://doos-sro.czechtrade.us/
Dink aan pompe, water pompe jong
—————-
‘n Kinder haarsalon -http://www.doodledoos.com/
so beteken dit hulle skeer nie baard nie?
—————-
http://www.dogdoosgrooming.com/ - Aitsa, so wat vertel jy hom/haar as hulle vra waar jy werk?
En dan natuurlik nog hope ander onskuldige werwe, almal met die woord doos….

Sou die woord ‘dooslik’ dan as ‘eng’ en ‘verkramp’ kon deurgaan. Of iemand met ‘beperkte/ingeperkte’ denke?
Ek vermoed jy kan ‘doos’ en enige afgeleide woorde gebruik in enige konteks – amper soos ‘n verkleurmannetjie wat aanpas by sy omgewing.
Hi, as julle ‘n paar ‘lekker eet’ resepte soek gaan loer in by skoor se webwerf te kry by
http://skoorkos.wordpress.com