grappies
Home » Grappies

10 Redes hoekom die hoender die pad moes oorsteek

Kind: Om aan die ander kant te kom
PW Botha: Dit was nie ‘n pad nie, dit was die rubikon
Nataniel: Ek was vreeslik op my nerves vir sy part tot hy anderkant uitgekom het. Ek dink dit as stunning
Naas Botha: On da udder hand maak dit nie saak hoeveel keer hy oor die straat is nie. Wat saak maak is die telbord.
Pieter-Dirk Uys: Does it Pik?
Nelson Mandela: Dit was die hoender se lang stap na vryheid. ‘n Regte Rainbow chicken
Kader Asmal: Sy wou meng met die hoenders aan die ander kant
Trevor Manual: Laat my dink…ons het nog nie belasting op hoenders wat die straat oorsteek nie
Robert Mugabe: Die Britse koloniste het dit daarheen verjaag
Steve Hofmeyer: Ek het NIKS daarmee te doen gehad nie en ek sal enigeen donner wat sê haar eiers is myne

nog nie genoeg nie?

Alan Boesak: Hoe kan die motiewe bevraagteken word van ‘n hoender wat so baie gedoen het vir hoenderskap? Dis´n sameswering!
Desmond Tutu: Ons moes die pad saam met die hoender oorgesteek het. Saam sal ons ‘n verskil kan maak.
Dullah Omar: Die hoender het nie geweet wat hy doen nie. Hy het gedoen wat hy gedoen het weens apartheid.
Eugene Terre’Blanche: Daai hoender gaan nog die tier in die Afrikaner wakker maak.
Vernon Koekemoer: Want dit het my sien aankom
Garfield: Buurrrrpp! Watter hoender?

nog steeds nie genoeg nie?

Hoekom het die rubber-hoender oor die pad gestap?
Om sy bene te rek, natuurlik.

en

Hoekom het die kougom oor die pad gestap?
Omdat dit aan die hoender se voet vas was.

…want daar was ‘n kar op pad

As jy NOG soek gaan lees hier – maar jy sal dalk jou geskiedenis en Engels moet ken!

Hou op suinig wees - deel dit!
  • email
  • Print
  • Facebook
  • MySpace
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Yahoo! Bookmarks
  • Twitter
  • muti

Gesels saam!

Gesels saam - los gerus 'n opmerking, aanmerking of boodskap, of 'n trackback vanaf jou eie webwerf. Jy kan natuurlik ook inteken subscribe to these comments op kommentaar via RSS.

Hou dit asseblief skoon(erig) en bly maar by die titel.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.