Hoender is my geliefkoosde dier!

Baby ChickenOns juffrou het gevra wat my gunsteling dier is, en ek het geantwoord haar toe dit is ‘Gebraaide Hoender.’
Sy is toe boos en sê dit is nie snaaks nie, maar sy was seker verkeerd want almal anders in die klas het lekker gelag
My ouers het my mos darem geleer om altyd die waarheid te praat en ek het. Gebraaide hoender is my geliefkoosde dier.
Ek het my pa vertel wat gebeur het en hy sê toe my juffrou is seker lid van die SPCA. Hulle is mos baie lief vir diere. Ek ook en vera vir hoender.
In elk geval, my juffrou het my na die hoof se kantoor toe gestuur om met hom te gaan ‘praat’. Ek vertel hom wat gebeur het en hy het ook gelag.  Toe sê hy ek moet dit nie weer doen nie.
Die volgende dag in die klas vra die juffrou weer vir my watter lewendige dier is my gunsteling dier. Ek sê toe dis beslis hoender. Sy vra toe hoekom, toe vertel ek haar dis omdat hulle gebraaide hoender daarvan maak.
Sy stuur my toe terug na die hoof se kantoor toe om weer met hom te gaan ‘praat’. Hy het weer gelag en gesê ek moet dit nie weer doen nie.
Ek verstaan nie. My ouers het my geleer om eerlik te wees, maar my juffrou hou niks daarvan as ek is nie.  Vandag vra die juffrou ons watter beroemde persoon ons die meeste
admireer.
Ek het geantwoord “Kolonel Sanders”.
Raai met wie moet ek nou weer gaan praat!

Verwant:

Praat met Jesus oor jou werknemers

skoonma se gesigDie Werkgewer gaan behoorlik af oor sy werknemers by sy vrou.  Sy vat hom aan die hand en lei hom kamer toe.
‘My goeie man, gaan nou op jou knieë en praat sommer jou hart uit teenoor die Here’
‘Here’, begin die werkgewer, ‘Jannie het al weer sy rekenaar gebreek’, Jonas het al weer laat gekom vanoggend en Sannie het weer sonder onderklere kom werk en die ouer kliënte ontstel.’
‘Here, ek wil net graag weet of U hulle gaan kom haal, of moet ek hulle vir U stuur? Amen’

Verwant:

Vir daardie hoesie in die kerk

KerkJulle onthou die klein, erg Afrikaanse plattelandse dorpies waar niemand mooi Engels verstaan het nie. In so ’n dorpie is die Dominee een oggend na die erediens erg ontsteld want almal hoes van winter verkoues en dit saam met die geraas van die reën maak dat hy sy boodskap vir die week moet uitbulder en verder is dit heeltemal te veel van ’n heiligheid om onderbreek te word deur sondige mense se hoesbuie.  Sy erg Engelse koster neem die dominee se stryd ter harte en gaan koop ’n lekker groot bottel hoesstroop by die apteek op die dorp en die volgende Sondag is hy reg om enige sondige siekte te help.  Soos enige klein plattelandse dorpie maar is hoor die lidmate via die skindernuus dat die dominee graag on onderbroke sy boodskap wil aan die gemeente wil lewer en dat die koster ’n plan het daarom so te laat geskied.   Elke keer as een van die erg Afrikaanse lidmate hoes spring hy op en gaan fluister iets in Engels, want Afrikaans is hy nie magtig nie, in die sondige sieke sê oor.  Die lidmaat lyk dan effens bedees en staan op en loop uit die kerk en so gaan dit aan tot die kerk amper leeg is want die verkoue loop sterk deur die gemeente.

Na diens is die dominee nogal ontsteld want hy het ’n goeie boodskap gehad vir sy skape en daar was maar min wat die hele boodskap gekry het.  Hy vra toe vir die koster “James, what you said to the flock brother’? Die koster antwoord verontwaardig “FOR COUGH”

Verwant: